skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

 

swem     swem3

Park Laerskool is bevoorreg om sy eie 25m swembad te hê wat aan galavereistes voldoen. 

Ons filosofie is dat elke Parkie die voorreg moet hê om te leer swem, aan gala’s deel te neem en swemprestasies te behaal. 

Afrigting:

Tydens die eerste en vierde kwartaal word swemlesse aan die graad 1 tot graad 7 leerders aangebied.  By die oefeninge word op styl en stamina gekonsentreer. 

Die skool se afrigting vind op Maandae en Woensdae op die volgende tye plaas:

14:15 – 15:00      Gr 4 – 7:   Mej. M. Engelbrecht en Mev. E. Kruger                                              

15.00 – 16:45      Gr 1 – 3    Mevv. J. Smit,  L. Gouws en R. Marx

                                           Johan Koch en Leon Bothma is twee pappas   

                                           wat in die swembad help.

16:45 – 17:30      Junior Swemspan: Mev. O. Louw

17:30 – 17:15      Mej. S. Benn en Mev. H. van der Walt

Op Dinsdae en Donderdae van 13:00 tot 15:00 vind privaat afrigting vir Park swemmers plaas.  Bronwyn McDonald is daarvoor verantwoordelik.  Sy kan gekontak word by 0832752141.

Van Maandae tot Donderdae vanaf 17:15 oefen die Fish Eagles Swemklub onder leiding van Louw-Let Fourie.  Swemmers wat aan Eden Galas wil deelneem, kan deur haar registreer.  Sy kan gekontak word by: 0825311325.

Tydens die laaste kwartaal vind die Interhuisgala plaas.  Hier word elke Parkie die geleentheid gegee om deel te neem en die skoolspan word ook hiervolgens saamgestel.  Die span kry dan die geleentheid om aan verskillende gala’s deel te neem.  Gala’s by Oakhill, Outeniqua, Tuinroete Gala, George-Suid en Glenwood House, verskyn op ons jaarprogram.

Die grade kry ook tydens L.O. periodes geleentheid om te swem. 

Gr RR en R maak gebruik van die klein swembadjie.  Louw-Let Fourie van Fish Eagles is ook daar betrokke.

Die volgende leerders is in die Junior Edenspan opgeneem:

Joe Alberts

Sanmari van Schoor

Divan Pretorius

In die Senior Edenspan:

Melissa Kuun

Alex Martins

Banner