Laerskool Park se 34ste Sewes sportnaweek
11, 12 en 13 Julie 2019 het Laerskool Park se jaarlikse Sewestoernooi plaasgevind waar 30 Skole vanuit die SWD, Kaap, Oos-Kaap en Vrystaat deelgeneem het. Hierdie toernooi is die oudste Laerskole Sewestoernooi in die land.
Donderdag het afgeskop met tenniswedstryde by Mosselbaai Tennisklub en Vrydag was daar hokkiewedstryde by die Van Riebeeck Stadion. Saterdag het al die rugby- en netbalwedstryde by Laerskool Park se sportgronde plaasgevind. Dit was ’n naweek vol skole sport en opwinding met verversings deur die OOV aangebied.
Ons opregte dank en waardering aan ons borg van die afgelope vyf jaar, Mosselbaai Wimpy en eienaar, Mnr Kobus Potgieter, vir hul ruim bydrae en ondersteuning. U volgehoue betrokkenheid en ondersteuning is van onskatbare waarde.
‘n Spesiale woord van dank aan die personeel van Laerskool Park vir die reuse werk om ‘n puik georganiseerde sporgeleentheid aan te bied. ‘n Woord van hartlike dank ook aan die OOV, onderleiding van Mev Lizel Conradie, vir hul bydrae om van hierdie twee dae ‘n sukses te maak.
Die volgende spanne het as wenners uit die stryd getree:
PARK SEWES WENNERS 2019
RUGBY A-LIGA
Wenners: Outeniqua
Naaswenners: Gene Louw
RUGBY B-LIGA
Wenners: Outeniqua
Naaswenners: Diaz
NETBAL A-LIGA
Wenners: Gene Louw
Naaswenners: Outeniqua
NETBAL B-LIGA
Wenners: Gene Louw 0/12
Naaswenners: Bellpark
HOKKIE SEUNS
Wenners: Gene Louw
Naaswenners: Worcester
HOKKIE DOGTERS
Wenners: Hendrik Louw
Naaswenners: Outeniqua
TENNIS SEUNS
Wenners: Laerskool Park
Naaswenners: Gene Louw
TENNIS DOGTERS
Wenners: Gene Louw
Naaswenners: Laerskool Park