skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

Om ons leerders meer bewus te maak van nuwe woorde en korrekte spelwyse,

 word ‘n Spelathon geloods.

Die aanloop tot die Spelathon bestaan uit klasuitdunne wat skriftelik sowel as mondelings plaasvind. Leerders ontvang spellyste om voor te berei vir uitdunrondtes. Twee leerders per klas dring deur na die Spelathon.

Die Spelathon bestaan uit ‘n krabbel, babbel en “buzz” fase. Tydens die krabbel fase word daar van leerders verwag om woorde met die korrekte spelling op tablette neer te skryf. Die babbel fase vereis dat leerders woorde mondelings korrek moet spel of klank. Tydens die “buzz” fase verskyn daar sinne aan die leerders. Die leerder wat eerste “buzz” kry die geleentheid om die woord in die sin wat foutiewelik gespel is, uit te wys en reg te spel of klank. Die twee leerders wat die hoogste punte behaal het gedurende die krabbel, babbel en “buzz” fases, neem aan ‘n finale rondte deel. Tydens hierdie finale rondte word die “buzzers” weer gebruik, maar letters verskyn hierdie keer geskommel aan leerders waar hul dit so vinnig as moontlik moet ontsyfer om die korrekte woord uit te pluis.

Leerders se liefde vir woorde speel ‘n baie belangrike rol in hul Afrikaans Huistaal ontwikkeling. Dus slaag die Spelathon-projek daarin om aan leerders die geleentheid te gee om op ʼn prettige wyse met taal om te gaan en sodoende die fondasie te skep vir entoesiastiese nuwe lesers!

Spelathon wenners 2017:

Kelsey Minnaar

Anja Muller

 

Kyk gerus na Laerskool Park Spelathon https://youtu.be/A22ziEoMZiw

 

 

 

 

Banner