skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

 

Die hoofdoel van skaak by Laerskool Park is om individuele skaakafrigting te bied aan belangstellende spelers. Ons wil 'n sterk basis daarstel en die spelers se spelvlak verhoog sodat hulle vol selfvertroue en kompeterend aan nasionale kampioenskappe kan deelneem.

Aspekte soos geduld, konsentrasie, selfbeeld ens. word tydens die leerproses aangespreek en die spelers leer dat dit nie net oor wen of verloor gaan nie, maar dat skaak geniet kan word en pret kan wees. Slegte verloorders leer om hul teleurstelling te verwerk deur deursettingsvermoë en selfbeheersing aan te leer, en dat om te verloor ook nie meer iets is om oor sleg te voel nie, maar dat dit van jou net n beter mens maak wat vorentoe beter sal vaar.

Skaak is nie net 'n gewone bordspeletjie nie, alhoewel dit die persepsie is wat meeste mense het.

Park leerders is lief vir hierdie wonderlike bordspel en ons trots om te sien dat die kinders wat hierdie afrigting ontvang, drasties verbeter en ook probleme wat daar mag wees te bowe gekom het. Die individuele inslag van elke les is van onskatbare waarde, aangesien elke kind as individu in die proses ontwikkel, nie alleen op skaakgebied nie, maar ook as unieke mens.

Daar word een maal per week ‘n uur skaakafrigting aangebied in die. Ons skool beskik oor volledige skaakstelle asook ‘n groot magneet skaakbord. Daar is 2 groot skaakstelle buite op die speelterrein wat baie gewild is onder ons leerders en wonderlike belangstelling wek.

skaakbord. Daar is ‘n groot skaakstel buite op die speelterrein wat baie gewild is onder ons leerders en wonderlike belangstelling wek!

 

 

skaak

Banner