skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

Alle Laerskool Park Ouers en Ondersteuners

Wen ‘n splinternuwe Volkswagen UP !!!!

Kar raffel 1Kar raffel 2

Dit is met opgewondenheid dat ons Laerskool Park se grootste fondsinsameling vir 2017 aan u bekend maak. In samewerking met Volkswagen Mosselbaai maak ons geskiedenis om die eerste skole motorkompetisie in Mosselbaai te loots, waar ‘n motor ter waarde van R180 000 gewen kan word. Die fondse gaan vir die verbetering van die skool se fasiliteite asook om die tekorte in die skoolfonds aan te vul.

Op 23 November 2016 is die projek van stapel gestuur en het die kaartjie verkope begin. “Raffle” kaartjies kan gekoop word teen R50 ‘n kaartjie om ‘n kans te staan om hierdie SPLINTERNUWE VOLKSWAGEN MOVE UP 5 DEUR VOERTUIG te WEN!!!! Die verkope eindig op 2 Mei 2017 en die trekking van die motor vind plaas op 6 Mei 2017.

Elke leerder van Laerskool Park sal op Woensdag, 30 November 2016 twee boekies ontvang met 5 kaartjies elk. Ons wil graag hê dat elke leerder in die skool ten minste hierdie 10 kaartjies moet verkoop. Elke leerder bly verantwoordelik om die “rafflegeld” en/of boekies terug te besorg by die skool op Woensdag, 11 Januarie 2017 (dag wat skole heropen in 2017). Indien enige boekie verlore raak, is u verantwoordelik vir die betaling van die “raffle-geld” en die verlore kaartjies sal nie in aanmerking kom vir die trekking van die motor nie.

Sien paragraaf hieronder indien u gedurende die skoolvakansie kaartjies kort.

DEURLOPENDE AANSPORINGSPRYSE VIR LAERSKOOL PARK LEERDERS:

  1. Elke leerder se gesin kry 1 gratis “raffle” kaartjie vir elke 10 kaartjies wat verkoop word. (Moet in meerjarige se naam voltooi word.)
  1. Vir elke boekie (5 kaartjies) wat die leerder verkoop kry hy/sy 10 waterwurmrekkies gratis. Hierdie aansporing gebeur met elke 5 kaartjies wat verkoop word.
  1. Sodra die leerder sy/haar eerste 10 kaartjies verkoop het, kry hulle ‘n aansporingsknopie met 1 ster, vir elke 10 kaartjies daarna ontvang u kind nog ‘n aansporingsknopie tot en met die verkope van 30 kaartjies.

Leerders kom in aanmerking vir die volgende pryse wat uitgedeel gaan word op 3 Maart 2017 tydens die PRETSTAP:

  1. Senior Seun – Koordlose “Bluetooth” Luidspreker ter waarde van R1 500
  2. Senior Dogter – “Poleroid Fujifilm Instax Mini 8 Instant Film” kamera ter waarde van R1 500
  3. Junior Seun – NERF GUN ter waarde van R1 500
  4. Junior Dogter – “Poleroid Fujifilm Instax Mini 8 Instant Film” kamera ter waarde van R1 500

Die klas wat die meeste boekies verkoop wen ook heerlike pizza vir hulle klas!!!!!!

VIR ELKE 10 BOEKIES WAT ‘N LEERDER VERKOOP TEEN 2 MEI 2017, KOM HY/SY NAAM IN ‘N TREKKING OM ‘N MSC BOOTRIT VIR 2 VOLWASSENES EN 2 KINDERS TER WAARDE VAN R8 500 TE WEN. HIERDIE BOOTRIT MOET IN 2017 BENUT WORD. Meer inligting hieroor volg.

Aangesien ons almal graag op hierdie bootrit sal wil gaan, is ons seker dat daar ‘n behoefte is om addisionele kaartjies by die skool te kry. Dit kan op twee maniere geskied:

  1. Addisionele kaartjies kan by Sonja by die kantoor afgehaal word tot en met 9 Desember 2016. Dit kan deur geen leerder gedoen word nie, slegs deur ouers aangesien dokumentasie onderteken moet word.
  2. Ons gaan die volgende 3 datums by die skool wees vanaf 09:00 – 11:00 vir mense wat inbetalings wil doen en nog kaartjies wil neem – datums as volg: 15 Desember 2016; 21 Desember 2016 en 4 Januarie 2017.

 

HIERDIE FONDSINSAMELING VERVANG DIE PRETSTAP LOOTJIELYSTE EN DAAROM VERSOEK ONS U AS OUERS OM HIERDIE PROJEK MET GROOT ENTOESIASME TE ONDERSTEUN.

Indien daar ‘n ouer is wat besware het teen die verkoop van die kaartjies, is dit in orde en staan dit u vry om enige skenking aan die skool te maak.

Byvoorbaat dankie aan elke Parkie leerder en ouer.

Terme en voorwaardes

 

Banner