MISSIE:
- Om ‘n gees van ondersteuning, trots en entoesiasme te skep.
- Om die ouers en gemeenskap betrokke te kry by Laerskool Park.
- Om die skakel te wees tussen die ouers en die skool en sodoende beter samewerking kan verseker in die onderrig van ons kinders.
- Om die nodige fondse in te samel en so die skool te ondersteun sodat meer vir ons kinders gedoen kan word.
DOELWITTE:
- Lewer ‘n diens vir die skool se funksies.
- Loods fondsinsamelingsprojekte.
- Bevorder ouer, gemeenskap en onderwyserbetrokkenheid.
- Werk saam met die skool om leergeleenthede te skep.