skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

Olive Sandilands  en Sandra Nel het Maandag 13 Februarie 2006 ‘n kort musiekuitvoering

in die skoolsaal kom gee.

Die spog vleuelklavier van Laerskool Park is tydens die vakansie  gerestoureer tot sy vroëre glorie. Dit was ‘n voorreg om na hierdie twee kunstenaars te luister.

Die Yamaha klavier van Laerskool Park spog met ‘n interessante verlede.  Reeds in die vyftigerjare is projekte geloods om fondse in te samel vir hierdie spogklavier.  Tradisioneel is daar natuurlik 1000’e pannekoeke gebak, basaar gehou en allerhande ander planne beraam om die bedrag van R 1 500  bymekaar te maak.  In  hierdie tyd is ook twee ander klaviere aangekoop vir R380 en R360 onderskeidelik.

Die klavier is bestel en met groot fanfare vanaf Japan ingevoer.  Die skip het letterlik en figuurlik uit die ooste verskyn met sy kosbare vrag. ‘n Kleiner boot het die klavier gaan haal en die segmente is aanmekaar gesit op die saal se verhoog.

 

Die klavier is tydens ‘n spoggeleentheid op 7 April 1967 amptelik in gebruik geneem.  Die bekende pianis Albie Louw en sy koor  was die kunstenaars by hierdie geleentheid.

Vir baie jare is die swart klavier met trots gebruik deur bekende musikante en kinders wat musiek-eksamens gespeel het.  Prof. Hennie Joubert van UNISA het destyds die pragtige toonkwaliteit van die klavier hoog aangeprys.

 

Met die jare het die klavier ook maar “oud” geword en letsels van die tyd getoon.  Daar is toe besluit om die nodige restourasiewerk te laat doen.  Nou spog die skool weer met  sy  swartblink vleuelklavier waarop menige musikant musieknote kan laat weerklink en ons met lus kan luister na die suiwer klanke.

Baie dankie aan Mev. Erna Marx van die Dias Museum wat ons gehelp het met die navorsing en inligting uit ou  Advertisers.

Banner