skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

  

BerigNetbal2019 2   BerigNetbal2019 1   BerigNetbal2019 3

 

VISIE:
By Laerskool Park is netbal ‘n spansport wat deur dogters gespeel word.  Dit is nie net ‘n sport nie, dit dra ook by tot die holistiese ontwikkeling (fisies, geestelik en emosioneel) van elke speelster.  Fisiese ontwikkeling sluit in fiksheid, balvaardighede, hand-oog-koördinasie, goeie voetwerk en liggaamsbeheer.

Wanneer ‘n dogter netbal speel, word sy ook blootgestel aan alledaagse uitdagings soos besluitneming, deursettingsvermoë, hardwerkendheid, spanwerk en sosialisering. Hulle ervaar ook verskeie emosies soos opgewondenheid, teleurstelling, woede, vreugde, entoesiasme, ens. wat hulle help met sportmanskap, selfbeheersing en selfbestuur.

 AFRIGTING:
Laerskool Park beskik oor vier standaard netbalbane. Ons het ook ‘n baan met sintetiese gras in die vierkant.  Daar is drie halwe bane en verskeie doelpale op die terrein.

Die netbal by Laerskool Park is verdeel in twee groepe: Mini-netbal (0/7 – 0/9) en gewone netbal (0/10 – 0/13). Hier is wonderlike, entoesiastiese, gekwalifiseerde en hardwerkende afrigters en skeidsregters wat gereeld kursusse bywoon om die nuutste tegnieke en vaardighede vir ons speelsters aan te leer.

Ons poog om soveel as moontlik spanne vir elke ouderdomsgroep saam te stel sodat daar diepte in ons netbal kan wees…en BAIE, goed-afgerigte netbalspeelsters vir die toekoms. Hierdie spanne kry gereeld geleentheid om teen ander skole te kompeteer tydens liga-wedstryde of op sportdae.

Die 0/13-span gaan (waar moontlik) tydens Maart/April op ‘n jaarlikse toer waar hulle klinieke van verskeie top-afrigters soos Dorette Badenhorst, Burtha de Kock, Bennie Saayman, Louise de Plessis, ens. bywoon of aan uitstekende en uitdagende toernooie deelneem.  Dit bied ‘n wonderlike geleentheid om die spanne vir die komende seisoen voor te berei.

Ons bied ook jaarliks ‘n 0/13-toernooi aan saam met ons Sewes-rugbydag. Hierdie suksesvolle toernooi word al vir meer as 30 jaar aangebied.

Tydens die vierde kwartaal word daar gepoog om vaardigheidsontwikkeling van 0/7 tot 0/12  te doen.  Dit lê ‘n goeie fondasie vir sportvaardighede, hand-oog-koördinasie, liggaamsbeheer/balans en voetwerk. Dit is ook goeie voorbereiding vir die daaropvolgende seisoen.

PRESTASIES:

Ons lewer gereeld netbalspeelsters wat in die EDEN- en Wes-Kaapspanne opgeneem word na ‘n reeks van proewe.

Verskeie van ons afrigters is ook betrokke by die proewe as keurders of skeidsregters. Van hulle het al opgetree as EDEN-afrigters en –skeidsregters by verskeie toernooie.

Ons is voorwaar trots op al ons netbalspeelsters, -afrigters en -skeidsregters van Laerskool Park.

 

Banner