skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

Astroquiz 2018

Laerskool Park se leerders skryf jaarliks in vir Astro quiz.  Astro Quiz bestaan uit vrae oor die ruimte en sterrekunde.  Die eerste vasvrae rondtes word elektronies op die rekenaar voltooi.  Leerders dring dan deur om teen ander skole in ‘n meer formele opset mee te ding.

Mnr Wikus Smit en Dr André Leonard help ons leerders voorberei vir hierdie Astro Quiz rondtes.

2018

Deelnemers:  Willandri Crafford, Mishke Joubert, John-Matt le Roux en Jana Du Pissani

Parkies is streekwenners asook Wes-Kaap wenners gedurende die jaar. Hulle dring deur na die Nasionale Kampioenskappe wat 1 - 3 Oktober 2018 in Johannesburg plaasvind en behaal ‘n 5de plek.

2017

Die Astro Quiz span van Park is streekwenners en dring deur na die Wes-Kaap kampioenskappe en behaal ’n 2de plek.

Hulle verteenwoordig Wes-Kaap by die Nasionale Kampioenskappe in Johannesburg en behaal ’n 2de plek in die land.  Die beste posisie wat Wes-Kaap  nog behaal het.

 

2016

Gedurende 2016 is ons Astro Quiz span die streekwenners en dring deur na die Wes-Kaap finaal en behaal ‘n trotse 12de plek van 820 skole.

 2015

Park neem vir die eerste keer deel aan die Astro Quiz. Gedurende die jaar word daar baie groot mylpale bereik. Park word vir die eerste keer gekroon as streekwenners asook Wes – Kaap wenners. Ook verteenwoordig Park die Wes – Kaap by die Nasionale rondte in Johannesburg en eindig 6de in die land.

Banner