skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

 

 

 krieket1

 

Krieket

Meeste van ons krieketspanne kon darem 3 wedstryde gespeel kry, hierdie jaar, voor die pandemie ons getref het. Ons was besig om mooi momentum te bou en het met elke wedstryd verbeter. Ons jonger spanne het sommer baie goed gevaar deur meeste van hulle wedstryde te wen. Ons eerste span was in ‘n bou-proses deurdat hulle net 4 spelers kon behou van verlede jaar se span, wat briljant gevaar het. Ons het darem algaande verbeter deur ons laaste wedstryd te wen na ons die eerste twee verloor het. Die seuns wat speelkans gekry het is as volg: Rynhardt Aucamp (K), Zander Maritz (OK), Fanie Keyser, AJ Muller, LJ Kruger, Luka Otto, Luan Janse van Rensburg, Evan Fourie, Morne Coetzer, Henco Swanepoel, JD Jansen, Randy Steenberg en Loghan Valentyn. Rynhardt Aucamp was ons uitblinker met die kolf en LJ Kruger was ‘n staatmaker met die bal in die wedstryde wat kon plaasvind.

Ons skool het ook besluit om hierdie jaar ‘n krieket kliniek te begin om ons spelers se vaardighede te ontwikkel. Vir die begin het ons net eers ‘n paar O/8 en O/9 seuns geïdentifiseer om die lewensvatbaarheid hiervan uit te toets. Die kliniek het heel suksesvol afgeskop in die eerste kwartaal tot dit ongelukkig ook gestaak moes word weens die Covid pandemie. Ons leerders se krieket ontwikkeling is vir ons baie belangrik en ons sien uit om dit volgende jaar weer voort te sit. Ons beplan om dan die ander ouderdomsgroepe asook dogters te betrek. Ons het ook ‘n boulmasjien aangekoop en is gereed om volstoom weg te spring sodra die pandemie regulasies ons weer toelaat.

Banner