skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

Gedurende die Desember vakansie dien die sportgronde as kampeerterrein.

Laerskool Park Karavaanpark is sowat ±1500m van die naaste swemstrand en loopafstand van die midde dorp geleë met ʼn pragtige uitsig oor die see. 

Die Karavaanpark bied lekker groot staanplekke (8mX9m) met  ʼn kragpunt met ‘n gewone 3-punt prop. Ons netjiese ablusieblokke het storte en baddens met warm en koue water. Daar is ook ʼn kombuisarea vir die opwas van skottelgoed.  Die heerlike groot swembad en tennisbane is ook daar vir u gebruik.

Tariewe

 

R530/nag vir ʼn staanplek. Sleg 6 persone per staanplek toegelaat.  Elke ekstra persoon, tot ʼn maksimum van 8 persone in totaal, moet R50 per dag per persoon ekstra betaal.

Ons verkies besprekings vir ʼn minimum van 10 nagte.

 

Betaling

  • Deposito van 50% is betaalbaar binne 14 dae van ontvangs van bevestiging.

Indien die deposito nie teen hierdie datum betaal is nie, sal die bespreking outomaties gekanselleer word.

  • Indien u na 31 Julie 2020 bespreek is die deposito van 50% onmiddellik betaalbaar.
  • Alle uitstaande gelde moet betaal word soos aangedui op bevestiging.

 

U kan ʼn direkte inbetaling maak by:

BANK:                                   EERSTE NASIONALE BANK (Mosselbaai-tak)

REKENING:                         LAERSKOOL PARK SKOOLFONDS

REKENING NOMMER:      62035761081

TAKKODE:                           210-314

VERWYSING:                      VAN EN STAANPLEK NOMMER

Kansellasies:

 Slegs ʼn skriftelike versoek om u bespreking te kanselleer sal aanvaar word nadat u deposito ontvang is. 

Kansellasie word as volg hanteer:

R70 administrasiefooi vir alle kansellasies

                                 +

89 tot 60 dae voor aankoms – kliënt verbeur 25% van deposito.

59 tot 30 dae voor aankoms – kliënt verbeur 50% van deposito.

29 tot 14 dae voor aankoms – kliënt verbeur 50% van alle akkommodasiegelde betaal.

Binne 13 dae voor aankoms – kliënt verbeur alle akkommodasiegelde betaal.

Kontak:

E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Aankoms en vertrek:

Meld by die klubhuis aan vanwaar u na u staanplek geneem sal word.  Bring asseblief ʼn bewys van u betaling saam.

Tyd van vertrek nie later as 10:00.

 

Grondseile:

Slegs skadunet-tipe grondseile word toegelaat. 

Parkering:

Slegs 1 voertuig per staanplek word toegelaat. ‘n Tweede voertuig kan teen R20 per dag, vooruitbetaalbaar by aankoms, op die geteerde oppervlakte op skoolterrein geparkeer word.

Geen motor van ‘n besoeker sal op die kampeerterrein toegelaat word nie, dus word besoeker se motors buite die skool se hekke geparkeer

Daar mag met geen motorfietse of vierwielmotorfietse op die skoolterrein gery word nie.

Tennisbane en swembad

Tennisbane is vir u gebruik gereserveer en geen buitestaanders word op die bane toegelaat nie. Bane word slegs vir die gebruik vir speel van tennis. Geen skopfietse, fietse of rolskaatse word op die tennisbane toegelaat nie.

Swembad is ook vir u gerief gereserveer maar word op eie risiko gebruik. Kinders moet te alle tye onder toesig wees by die swembad.

Troeteldiere

Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Besparing van water

Gebruik te alle tye water spaarsamig.

Badkamers en Toilette

Gebruik bogenoemde asof dit u eie is.  Kinders onder 6 jaar moet van ‘n volwassene vergesel wees wanneer die storte, baddens of toilette gebruik word.

NB! Geen toiletpapier word voorsien nie.

Kombuis

Laat asseblief die kombuis netjies na gebruik.  Die ys- en vrieskas word op eie risiko gebruik.

Musiek, Alkoholiese verversings en Vuurwerke:

Daar word ʼn dringende beroep op u gedoen om alkohol matig te gebruik. Indien u, u skuldig maak aan die misbruik van alkohol en u medekampeerders se rus verstoor, sal u gevra word om die karavaanpark te verlaat sonder enige terugbetaling van fooie.

Bogenoemde geld ook vir oorverdowende musiek. Vanaf 22:00 moet daar stilte wees. Indien daar klagtes van medekampeerders ontvang word, sal u slegs een waarskuwing ontvang.

Geen klappers of vuurwerke word toegelaat nie!

Vure

Slegs braaiers en braai-dromme op ʼn staander sal toegelaat word. Geen vure mag direk op die veld gemaak word nie. 

Spoed - 20km/h

Onthou daar is kinders in die kamp.

Vroeër vertrek

Geen fooie is terugbetaalbaar indien u self sou besluit om vroeër te vertrek nie.

Verontagsaming van enige van die kampreëls kan tot gevolg hê dat u gevra sal word om, sonder enige terugbetaling, die kampterrein te verlaat.

 

 

Banner