skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

Kansa Relay for Life

Kansa Relay for Life

Sedert 2011 is Laerskool Park se personeel betrokke by Kansa se jaarlikse Relay for Life stap.

Dit behels fondsinsamelings en bewusmakings ten bate van Kankernavorsing.  Laerskool Park het al vele projekte aangepak in hierdie tyd bv ‘n Ma en dogterdag, inkleurkompetisies, muntleggings en Lente-tee’s. Hierdeur samel ons skool jaarliks sowat R8000 vir Kansa in.

In die afgelope twee jaar is twee van ons Parkie leerders direk geraak deur kanker.  In beide gevalle is mooi bedrae deur muntleggings vir hulle ingesamel om te help met kostes.  Ons skool wys hulle ondersteuning deur een maal per jaar die bome in pienk te klee.  Daar is ook al kankerstrikkies gedra.  Dit wys net weereens dat elke Parkie hart warm klop van omgee vir die mense in ons samelewing, asook ons eie Parkiefamilie.

 

KANSA2020001              KANSA2020003

Banner