skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

   KORE20196    KORE20191     KORE20193     KORE20195

Laerskool Park spog met ‘n Graad R koor wat sedert 2015 deelneem aan die Eisteddfod en pragtig daar presteer.  Elke jaar sedert 2017 word hierdie koor ook genooi om by die Eisteddfod se Galageleentheid op te tree.  In 2018 kry die koor hul eie koordrag waarin ons optree en vele harte bekoor.  Dit is wonderlik om aan hierdie klein sangertjies die geleentheid te kan bied om op so ‘n jong ouderdom al sulke fantastiese blootstelling te kan kry en hulle te help om selfvertroue op te bou sodat hulle met gemak vanaf Graad 1 ook by die skool se Juniorkoor kan inskakel. Die koor tree ook onder andere op by die Kultuuraand, Graad 1 ope-aand, Graad R Gradeplegtigheid & waar hulle ook al die geleentheid kry om met hul talent te spog.  Vele oumensies se harte is bly gemaak hierdie jaar deur ‘n optrede by die NG-Suid gemeente, asook toe blommetjies uitgedeel is op Lentedag aan die bejaardes by Kenani. Die koor funksioneer onder leiding van juffrou Anita Smit as dirigent en juffrou Elsabé Fourie as begeleidster.

Banner