skool wapen park

Skool naam

Laerskool Park

Kaapweg 49
Mosselbaai
Posbus 96
6500
 

 

 

 BerigAtletiek2019 1   BerigAtletiek2019 2   BerigAtletiek2019 4

 

Ons het weereens ons atletiek jaar afgeskop met ‘n suksesvolle Interhuis Atletiek-byeenkoms waar al ons skool se leerders hulle talente kon ontdek en uitbeeld. Na afloop van die byeenkoms het ons skool gewoonlik ‘n Victor- en Victrix Ludorum trofee wat oorhandig word aan die seun en dogter wat die meeste punte ingesamel het vir sy/haar span. Die punte word bereken volgens ‘n puntetabel en oor al die items waaraan hy/sy deelneem. Hierdie jaar was ons Victor Ludorum Henru Nell en ons Victrix Ludorum Nadia Wentzel.

Soos wat die Atletiekseisoen verloop, neem ons atlete aan menige Atletiekbyeenkomste deel en ons kan spog dat ons hierdie jaar 42 atlete gehad het wat aan die Mosselbaaisteekbyeenkoms deel geneem het en 9 van ons atlete kon verder deurdring om aan die Wes-Kaap kampioenskappe deel te neem. Hierdie kampioene was: O/13 Hanru en Melissa Kuun, O/12 Mark-Hein Fourie, Walter van Rensburg, Chrizanne Swart en Luan Janse van Rensburg, O/11 Logan Boshoff en O/10 Livia Gericke en Hadiya van der Merwe.

Dan ons skool se twee top atlete Walter van Rensburg en Mark-Hein Fourie was ook in die span ingesluit om aan die SA kampioenskappe te gaan deelneem, maar weens die Covid pandemie wat ons land getref het, kon die kampioenskappe ongelukkig nie plaasvind nie. Ons het groot verwagtinge gehad vir hierdie atlete om ons skool trots te maak.

Ons tweeling, Hanru en Melissa Kuun, het ook atletiekgeskiedenis gemaak hierdie jaar deur die eerste tweeling te wees wat in dieselfde itemgroep (Hoogspring) deel geneem het by die Wes-Kaap byeenkoms.

 

Banner